Verlange
I spent six months of the lockdown period in the safe arms of Cambodia. A country I continue to love deeply. Constant reminders of a life in South Africa seeped through the vegetation. The sunsets. The dust. The scent of wood fires.
An intense longing for Africa called me to write this poem. In Afrikaans.
Ek verlang so …
Na die Weskus se wind
Na die Karoo se woestyne
Na die torings van die Drakensberge
Ek verlang so …
Na die stormagtige see van die Kaap
Na die bosveld in die noorde
Na winter in die suide
Ek verlang so …
Na die nat grond wat reƫnbuie agterlaat
Na Afrika se doringbome
Na alles wat die natuur is
Ek verlang so …
Na die klop van Afrika se dromme
Na die stilte met sonsondergaan
Na die geluide van die nag
Ek verlang so …
Na die dans van die flamink
Na die gille van die visarende tydens vlug
Na die trompetgeskal van olifante
Ek verlang so …
Na pannekoek gesmoor met suiker en kaneel
Na bobotie en blatjang
Na ons kosbare melktert
Ek verlang so …
Na die reuk snags van n kampvuur
Na my blik koffie met kondensmelk
Na gebraaide boerewors en vleis
Ek verlang so …
Na die dans van die mense in Namakwaland
Na die penniefluitjie wat sy soet klank deur almal se are laat vloei
Na die gesang van Afrika se stemme
Ek verlang so …
Na eensame kremetartbome in die wildtuin
Na die vryheid van ons plaas Ruimzicht
Na die modderhutte en stokspeletjies
Ek verlang so …
Na die spierwit wolke en die gebrul van donderweer
Na die ope vlaktes wat verlig word met weerlig
Na groen lande en grondpaaie
Ek verlang so …
Na suiwer Afrikaans soos net Le Roux kan praat
Na ou dae se stories rondom die kaggelvuur
Na tesame wees
Ek verlang so …
Na Modjaji
Na die ou mense van Afrika
Na die liefdevolle geselskap en vriendelikheid
Ek verlang so …
Na die plek waar ek eendag my hoed sal neersit
Na die kennis dat dit reg is
Na die gevoel van behoortenis
Thank you to my sister Karen, for her wonderful photo of a windmill.
I wish I could understand afrikaans, I don't. I do know what verlang means, though. But more then that I know you and what and how you write.... so, this poem can only say a lot!...
ReplyDeleteYou describe South Africa so beautifully, en jy skryf baie mooi in Afrikaans.
ReplyDeleteJou woorde is 'n kunswerk!
ReplyDeleteHow very beautiful and touching!
ReplyDelete